

’n Bos ervaring omring deur n verskeidenheid diere
Chill-’n-Biki Lodge is geleë in die bekende Mabalingwe groot 5 wildreservaat net buite Bela Bela. Mabalingwe is 'n paradys vir natuurliefhebbers wat daarvan hou om die diere van baie naby te sien. Die olifante is gereelde besoekers by Chill-'n-Biki. En die vlakvarke en ander bokkies kom elke dag kuier. As jy lus is om weg te breek van die besige stadslewe is Chill-'n-Biki die plek vir jou. Die 3 slaapkamerhuis is gerieflik geleë binne loopafstand van die hoof ontspanningsarea. Die huis bied slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders. Daar is 3 ensuite-slaapkamers, elk toegerus met 'n bad, stort en toilet. Volledige DStv is beskikbaar. Gaste kan braai in ons eie privaat boma terwyl hulle na die geluide van die bosveld luister. Chill-'n-Biki het ook sy eie privaat swembad vir warm somerdae. Onderdakparkering is beskikbaar vir 2 motors. Gaste is welkom om gratis met hul eie voertuig 'n wildrit te neem. Mabalingwe bied ook wildsritte aan met opgeleide veldgidse. Bespreek Chill-'n-Biki vir n onvergeetlike bos ervaring.
Wat om te verwag
Die huis is toegerus met die volgende geriewe om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak
Slaap 8
Drie slaapkamers elkeen met sy eie badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte bed, die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte bed en n enkelbed, en die derde slaapkamer het 3 enkelbeddens.
3 Badkamers
Drie volledigge badkamers, elkeen toegerus met 'n stort, bad en toilet vir jou gerief.
Boma
Privaat boma area vir braai wat uitkyk op n watergat waar diere gereeld kom drink.
Onderdak Parkering
Veilige onderdak parkering beskikbaar vir 2 voertuie. En genoeg spasie vir ekstra voertuie buite.
Lugverkoeling
Die leefarea is toegerus met lugverkoeling.
Perfek geleë
Die huis is loopafstand van die hoof ontspanningsarea waar kinders hulself heeldag kan vermaak.
Swembad
Privaat swembad om in af te koel op warm somerdae.
DStv
Volle DStv beskikbaar in die leefarea sodat geen rugby wedstryd gemis word nie.
Mabalingwe Groot 5 Reservaat
Mabalingwe is 'n privaat wildreservaat van 12,000 hektaar naby Bela-Bela, Limpopo. Slegs 130 km vanaf Pretoria, bied die reservaat 'n vinnige naweek wegbreek.
Swembad
Buiten die huis se swembad is daar verskeie ander swembaddens in die reservaat waarvan een n warm water swembad is.
Ontspanningsarea
Die hoof ontspannings area bied die volgende: Paddlebaan, Putt-Putt, Squashbaan, Tennisbaan, Tafel Tennis, Kinderspeelarea, Aksiekrieket Baan, Pooltafel, Groot Skaakstel ens. Alles is gratis behalwe die paddle.
Restaurante
Daar is verskeie eetplekke in die reservaat. Le Fera restaurant is geleë op 'n koppie met 'n pragtige uitsig op 'n dam. Boeretroos Koffie winkel by die ontspannings area is perfek vir 'n vinnige middagete. Wegneemetes is ook by die karavaanpark beskikbaar
Winkels
Daar is twee winkels in die reservaat waar gaste basiese items kan koop soos kos, drankies, hout en ander benodighede.
Roofdier Park
Die reservaat het n roofdier park waar gaste leeus, luiperds en ander roofdiere van n veilige afstand kan besigtig. Toere vind Woensdae en Sondae plaas wanneer die diere gevoer word.
Wildritte
Oggend en aand wildritte word daagliks aangebied. Dit kan by die ontvangs en karavaanpark bespreek word. Gaste kan ook gratis met hul eie voertuie die reservaat verken.
Kalahari Oasis
Die Kalahari Oase is n gewilde kroeg in die bos waar gaste vermaak word met afrikaanse musiek terwyl hulle n drankie of iets te ete geniet.
Spa
Die reservaat het n dag spa waar gaste kan ontspan terwyl die opgeleide terapeute hulle bederf.
Gholfbane
Daar is twee bekende gholfbane naby die reservaat. Elements grens aan Mabalingwe en Zebula is slegs 20 minute se ry weg.
Hier kom die natuur na jóú toe!
Chill-'n-Biki is die perfekte wegbreekplek waar jy heeldag omring word met diere. Hier is 'n paar foto's van hoe jou vakansie kan lyk.









Verken Ons Ander Mabalingwe Lodge

The View Lodge
'n Uitsig wat jou asem wegslaan! The View is die perfekte plek vir n wegbreek van die besige stadslewe.
Bekyk Eiendom